News

Willem Petzer en andere vlugtig weer in hof

Die saak teen die vyf wat in die hof verskyn het vir onder andere opsweping tot openbare geweld, het gister vlugtig verskyn.

Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Dries Olivier en Willem Petzer het gister vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn op ’n klag van opsweping tot openbare geweld, tydens die vroeëre verskyning van Piet Groenewald en Stephan Greeff op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die mans het Groenewald en Greeff buite die hof gaan ondersteun, maar is gearresteer nadat hulle by die hof wou gaan betoog.

Die saak is egter uitgestel na 3 Junie vir die streekhof se besluit of die saak verder geneem sal word, waarna ’n verhoordatum bepaal sal word.

• Willem Petzer het kort voor hul verskyning in die Groblersdal Landdroshof, op sy Facebookblad geskryf dat “hierdie maande wat een-vir-een verbygaan met die saak hangende bo my, gaan pynlik stadig verby vir my.

Elke keer wat die staat uitstel, beteken dit niks vir die ratte in die masjien nie.

Nog ’n maand om te sloer en slenter. Maar, vir my, is dit nog ’n lang maand met die swaard bo my kop.”

 
Back to top button