News

Middies vs Rooies Derby amptelik aan die gang met seunshokkie voor 1000+ toeskouers

Hoendervleis Derby voorspel met seunshokkie uit boonste rakke

Naelbyt wedstryde is steeds aan die gang op Middies se astro-hokkiebaan waar die Old Girls en Old Boys van beide skole volgende in aksie sal wees.

Die voormalige leerlinge van beide skole se wedstryde volg op ‘n  rillerstryd tussen Middies en die Rooies se eerste seunshokkiespanne wat sopas van die baan afgestap het.

Die eerstepan kragmeting is voorafgegaan deur die jonger spanne wat ook kookwater hokkie opgelewer het.

Sitplek was maar min, en toeskouers moes noodgedwonge staan, met meer as 1000 toeskouers wat die seuns ondersteun het.

More sal rugby, netbal en dogtershokkie gespeel word, en selfs meer mense word verwag.

Die uitslae lyk so:

Eerstes: Middies wen 3 – 1

Tweedes: Gelyk 1 – 1

O/14 A: Middies wen 5 – 1

O/16 A: Middies wen 3 – 0

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button