
Dit het rooi confetti gereën voor die Derby dogters se eerste hokkiespanne mekaar gepak het op Middies se Astro-baan.

Blougatte moes eers spook om die confetti van die baan af te kry voordat die wedstryd kon begin.
Gelukkig het Middies se streepmuise hand by gesit en die confetti is in ‘n japtrap verwyder.

Die hokkie is egter nou ook afgehandel met die laaste wedstryd, die O/15 A’s, wat die skouspel afgesluit het.

Die seuns het gisteraand reeds hul wedstryde gespeel en die uitslae is ook gepubliseer (sien elders op webwerf).

Die hokkiedogters se uitslae lyk so:
O/14 A: Middies wen 2 – 1
O/14 B: Middies wen 8 – 0
O/15 A: Middies wen 10 – 0
O/15 B: Middies wen 5 – 1
O/16 A: Middies wen 2- 0
O/16 B: Middies wen 2 – 0
Tweedes: Middies wen 1 – 0
Eerstes: Middies wen 6 – 0

