News

Rooibulle maak groen maalvleis van Middies in Derby eindstryd

Die Rooibul kom...

Die tafels het gedraai.

In ‘n spogvertoning het die Hoër Tegniese Skool Middelburg se eerste rugbyspan die jaarlikse Derby vir die Rooies op ‘n hoë noot afgesluit.

Die Rooibulle het groen maalvleis van Middies gemaak en die wedstryd 31 – 24 gewen.

Aanvaklik is punte met beide spanne se skopskoene aangeteken, totdat die Rooies deur die Middies se verdediging kon breek.

Vandaar het die Rooi-masjien sy werk gedoen en stelselmatig die telbord, en pawiljoene geswaai, in HTS se guns.

Die wedstryd breek ‘n Derby-droogte vir HTS en die wedstryd is gepas met gebed afgesluit, met hoof mnr. Hoppie van Jaarsveld wat ook die skool se opponente in gebed opgedra het.

Die vreugdevure gaan tot laatnag brand in die Rooies kamp.

Die res van die uitslae lyk so:

O/14 A: Middies wen 40 – 0

O/14 B: Middies wen 33 – 12

O/14 C: HTS wen 36 – 5

O/15 A: Middies wen 36 – 6

O/15 B: Middies wen 35 – 0

O/15 C: Middies wen 36 – 0

O/16 A: HTS wen 23 – 20

O/16 B: Middies wen 16 – 8

Vierdes: HTS wen 22 – 7

Derdes: Gelykop 14 elk

Tweedes: Middies wen 8 – 3

Eerstes: HTS wen 31 – 24

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button