News

Beter om te gee, as om te ontvang

Dit is beter om te gee as om te ontvang (so word gesê).

En dit is lekkerder om te gee as om te ontvang (dit weet jy).

Vrydagaand bel Chené de Villiers; Ouma Chrissie het Sarel van der Walt se berig op Netwerk24 ’n maand gelede gelees oor die boek “Ink is dikker as bloed” en sedertdien soek sy ’n kopie van die boek.

Chené wil die boek vir Ouma koop vir Moedersdag.
Probleem is die gesin bly op Daggafontein, Springs.

Bied aan om die boek te koerier sodat Ouma Chrissie dit Dinsdag kan ontvang.
Later bel Chené weer: “Kan jy nie ’n plan maak sodat Ouma die boek op Moedersdag kan kry nie?”

Dit is nie moontlik nie, Saterdag is derbydag, Sondag familiedag en in elk geval bly jy weg van die N12 en N4 in die aand as gevolg van die spykerbende.
Chené gee nie moed op nie; sy bel weer en wéér.

“Ouma is ’n fanatiese boekwurm en ’n boek op Moedersdag sal haar grootste geskenk ooit wees.”

Enigiemand wat dink hy gaan binne een dag ’n aflewering op Daggafontein kan doen, is seker gerook, dink jy.
Maar Sondagoggend spring julle tog in die pad…die berugte N12.

“Ons kry julle by die Daveyfontein-afrit.”

En net daar by die afrit is ’n polisie padblokkade…so veilig as wat kan kom.

Uit ’n silwer Audi klim Ouma Chrissie se seun Riaan, wat saam gesmeek-vra het dat Ouma haar boek kry Sondag, en kleinkind Chené.

Ouma is half verward – sy dra ’n masker om die gesigkanker te bedek.
Kom toe eers agter sy weet nie van die spesiale Moedersdaggeskenk nie .

Terwyl die karre verby swiep is daar drukkies en vreugde langs die N12.

Moedersdag sal nooit weer dieselfde wees vir Ouma Chrissie nie.
Haar wens het waar geword.

“Ink is dikker as bloed” word deur twee dankbare hande omhels.

Op pad terug na Middelburg wurg die emosies ’n traan by my wange af.
Dit is soveel lekkerder om te gee.

Ry supermark toe om blomme te koop vir Moeder. By die kasregisters staan toue mense met ’n bossie blomme in die hand. Twee jongelinge redeneer watter blomme by hulle Mamma gaan pas.

Daar is Moedervreugde in die lug.

Dis so mooi.

Moedersdag!

En die bewoëntheid pak my van vooraf beet…

@middelburgobserver

’n Moedersdag-droom – Ouma Chrissie van Daggafontein ontvang ’n spesiale verrassing van Tobie van den Bergh wat op Sondag al die pad ry om sy nuutste boek in persoon aan haar te oorhandig. inkisdikkerasbloed tobievandenbergh #middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button