News

Bejaarde Roossenekal paartjie veilig gevind

Die bejaarde paartjie van Roossenekal wat sedert gisteraand gesoek was, is vanoggend ongedeerd gevind.

Coert en Annetjie van Rooyen is vanoggend om 02:30 deur die blitspatrollie op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni met ’n pap wiel gevind.

Volgens hulle seun, André van Rooyen, is daar gereël dat hulle hul skoondogter gister by die Ultra City op die N4 sou gaan oplaai het, maar het nooit opgedaag nie.

Andre vertel dat sy ma haar foon by die huis vergeet het, en dat sy gevra het om ghaar skoondogter te laat weet dat hulle op pad was toe die egpaar bande laat opsit het.

Hy is egter gisteraand om 18:30 laat weet dat hulle nooit hulle skoondogter gaan haal het nie, en ’n soektog is gereël.

Die egpaar is gelukkig vroeg vanoggend ongedeerd gevind.

“Ons wil net graag baie dankie sê aan almal wat betrokke was by die soektog vir hulle hulp en ondersteuning,” het Andre gesê.

Back to top button