News

Liefdevolle tannie Marie oorlede

Tannie Marie Engelbrecht (81), die liefdevolle vrou wat altyd graag familie en vriende tuis ontvang het, is Maandagoggend in haar slaap oorlede.

Me. Engelbrecht was vroeër jare die eienares van Picadilly One o One, was ook die bloemiste in dieselfde sentrum en later die areabestuur van Pressless.

Haar familie het haar beskryf as omgeemens, wat altyd vriendelik was en die mense na aan haar hart by haar huis ontvang het.“Sy was ’n baie gelowige mens tot haar heengaan.”

Me. Engelbrecht word oorleef deur haar man, Angel (met wie sy 59 jaar getroud was), kinders Marius, Carina, Theresa en Jolanda, skoonkinders Thea en Roy, 10 kleinkinders en agt agterkleinkinders.

’n Gedenkdiens word Dinsdag (28 Mei) uit die NG Kerk, Kanonkop gemeente (Loeriestraat 1) gehou.

 
Back to top button