News

Oom Frik het altyd almal gehelp

Oom Frik van der Merwe (76), die man wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie en altyd ’n helpende hand na almal uitgesteek het, is verlede Donderdag binne ure vandat hy siek geword het, oorlede.

Oom Frik se dogter, Didi, sê haar ma, Heila, het hulle omstreeks 01:30 laat weet dat hy siek is en bloed opbring.

Hy is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem waar hy omstreeks 06:30 dieselfde dag gesterf het.

Sy familie onthou hom as ’n man wat almal altyd sou help.

• ’n Roudiens word Dinsdag (28 Mei) om 12:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeente (hoek van Lilian Ngoyi en Bhimy Damanestraat) gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button