News

Oom Frik het altyd almal gehelp

Oom Frik van der Merwe (76), die man wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie en altyd ’n helpende hand na almal uitgesteek het, is verlede Donderdag binne ure vandat hy siek geword het, oorlede.

Oom Frik se dogter, Didi, sê haar ma, Heila, het hulle omstreeks 01:30 laat weet dat hy siek is en bloed opbring.

Hy is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem waar hy omstreeks 06:30 dieselfde dag gesterf het.

Sy familie onthou hom as ’n man wat almal altyd sou help.

• ’n Roudiens word Dinsdag (28 Mei) om 12:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeente (hoek van Lilian Ngoyi en Bhimy Damanestraat) gehou.

 
Back to top button