News

Groenewald en Greeff weer vlugtig voor

Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, het vanoggend vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn.

Groenewald en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle’n sekuriteitswag aangerand en ’n hond op hom losgelaat het.

Die saak is die vorige keer uitgestel nadat mnr. Jacques Lessing, regsverteenwoordiger vir Groenewald en Greeff, in die hof aangedui het dat sy mandaat as regsverteenwoordiger vir Groenewald en Greeff beëindig is.

’n Nuut aangestelde regsverteenwoordiger was egter nie beskikbaar nie, en is die saak uitgestel na vandag.

• Tydens hul verskyning het die nuwe regsverteenwoordiger aansoek ingedien vir afskrifte van die dossier en die nodige dokumente aangevra.
Die saak is uitgestel is na 10 Julie vir die openbaarmaking van hierdie inligting om vir die saak te kan voorberei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button