Juané gereed vir mej. Grand SA kompetisie
Die land het haar leer ken in die realiteitsreeks, ‘Op my Eish’ en nou kan almal weer vir haar uitkyk by die Mej. Grand SA kompetisie.

’n Oudleerling van HTS Middelburg, Juané Bekker (28), ding more (1 Junie) mee vir die kroon in die mej. Grand Suid-Afrika kompetisie!
Juané was ’n voormalige Mej. Junior Middelburg en was ook bekend vir haar deelname aan die eerste realiteits reeks op KykNet, ‘Op My Eish”.
Juané het hard gewerk saam met haar modelafrigter, Andries du Preez, om gereed te maak vir die me. Grand SA titel, ’n nasionale kompetisie.
Andries sê hy rig Juané al van 2005 af en is hy net so opgewonde soos Juané vir die komende kompetisie.
Die kroning vin plaas by Emperors Palace in Kemptonpark.
Die wenner sal Suid Afrika verteenwoordig tydens ’n internasionale skoonheidskompetisie in Mymar, Bangkok.
Juané is tans ’n radiografis by Wilgeheuwel Hospitaal in Johannesburg.
“Hoe ouer ’n mens word, hoe meer leer jy van jouself ken en hoe meer gemaklik word jy in jou eie vel, en ek wil dit met mense deel. Ek voel dat nou die regte tyd is vir nuwe avonture. Mej.
Grand is ’n goeie platform en ek sien vreeslik uit na die kompetisie en om meer van myself ook te leer in die hele proses.”
• Middelburgers kan nog vir haar stem op die Miss Grand South Africa Facebookblad by die 2024 Finaliste deur net haar foto te ‘Like’.