News

Advokaat gedreig wat een van bagasiebak-vier verteenwoordig

Die hof het vanoggend gehoor dat die advokaat wat een van die mans verteenwoordig in die bagasiebak moordsaak, met die dood gedreig word.

Alex Grobler, wat tans uit is op borg, word nie meer verteenwoordig deur adv. Petrus Muzi Ntuli nie en is daar aangedui dat adv. Gerhard Botha hom voortaan sal verteenwoordig.

Daar is egter in die hof gesê dat adv. Botha gister ’n nota met ’n doodsdreigement daarop, teen sy kar se venster gekry het.
Die nota het gelui dat hy moet onttrek van die saak, anders gaan hy ook in die lykshuis beland.

Grobler het saam met Jan Jordaan, Angie Appelgryn en Kobus Pretorius in die hof verskyn.
Appelgryn is ook, soos Grobler, reeds uit op borg.

Alex Grobler.

Die vier se verskyning spruit voort uit die gebeure van 15 en 16 November 2023 waartydens Danie Maritz by ’n skrootmetaal besigheid in Middelburg vermoor is.

Jordaan en Pretorius word aangekla van die moord en Appelgryn en Grobler word daarvan beskuldig dat hulle gehelp het om Danie se oorskot te verwyder, hom in ’n bagasiebak gelaai het en daarna die voertuig in Clewer (naby ’n myn) aan die brand gesteek het.

Angie Appelgryn.

Dit was Appelgryn se voertuig waarin Danie se oorskot was.

• Pretorius het ook vanoggend aansoek gedoen vir borg en is die saak uitgestel na 12 Junie vir die formele borgaansoek.

• Tydens die vierstuks se vorige verskyning, het Grobler aangedui dat hy doodsdreigemente kry.

Jan Jordaan.

• Grobler, Jordaan en Appelgryn is kort na die moord gearresteer en het aansoek gedoen vir borg, maar is borg vir Jordaan geweier, omdat hy positief verbind word met die moord.

Pretorius is gearresteer nadat die ander se borgverhoor reeds verby was en het hy tydens die vorige hofverskynings borg van die hand gewys.

Kobus Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button