News
Inbrekers breek lapa se dak oop
Inbrekers het helder oordag ’n lapa se dak beskadig om in te kom, maar het iets hulle gepla en het hulle gevlug.

Boosdoeners teiken nie nou net Kanonkop en Dennesig nie, maar is hulle ook bedrywig in Groenkol.
Mnr. Willie Swart het laat weet dat hulle gister (3 Junie) tussen 10:30 en 11:00 gou apteek toe was.

Met hul terugkeer na hul huis in Kogelstraat, het hulle gesien dat hul lapa se dak beskadig is deur booswigte wat ingebreek het.
Daar is niks gesteel nie en mnr. Swart vermoed iets het hulle dalk gepla, of hulle het opgemerk dat die gesin teruggekeer het, waarna hulle gevlug het.
• Mnr. Swart wil inwoners van Groenkol waarsku om bedags oplettend te wees vir betreders wat by erwe ingaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.