News

Oom Jaap sterf kort na 81ste verjaardag

Die geliefde oom Jaap Visser is Saterdag, net sowat twee weke na sy 81ste verjaardag, oorlede.

Volgens sy familie het hy weens komplikasies na ’n stentoperasie gesterf.

Hy was al die jare ’n inwoner van Middelburg en word deur sy familie onthou “as ’n steunpilaar vir almal.”

• ’n Roudiens word more (5 Junie) om 11:00 uit die Gereformeerde Kerk gehou.

• ’n Meer volledige huldeblyk van oom Jaap sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

Back to top button