News

Voertuig ry oor skerp penne op N4, net minute nadat patrollielede daar verby is

Minute nadat daar patrollie op die N4 hoofweg gery is, het 'n motoris oor skerp voorwerpe gery wat die hoofwegrowers daar gegooi het.

As die lede van die Dagpatrollie op een van die hoofweë se noodgroepe was, kon hulle binne twee minute by die slagoffers gewees het.

Arthur Hill (Dagpatrollie) meld dat hul lede Sondagaand met twee voertuie patrollie gery het op die N4 en N12 hoofweë na aanleiding van al die voorvalle waar skerp voorwerpe en klippe op die paaie gepak word. Wanneer voertuie daaroor ry, moet hulle stop en dit is dan wanneer rowers uit die bosse peul en hulle aanval en beroof.

“Ons lede ry altyd met twee ongemerkte voertuie ’n entjie van mekaar af, sodat daar ’n ekstra voertuig is vir beskerming, sou die ander een oor van die skerp voorwerpe of klippe ry.”

Hulle het gery op die N12 tot by Delmas en daarna teruggery Middelburg toe.

“Ons was omstreeks 19:35 weer op die N4 en het later verneem dat iemand letterlik minute agter ons oor skerp voorwerpe gery het en moes stop. As ons deel was van ’n noodgroep wat ander groepe inlig as so iets gebeur, sou ons binne twee minute op die toneel kon gewees het om bystand te gee!”
Hy het genoem dat dit baie belangrik is dat noodgroepe moet saamwerk sodat slagoffers gou gehelp kan word en die hoofweg rowers vasgetrek kan word.

‘n Paar daar voor die genoemde voorval (op 29 Mei) het ‘n vrou ook met haar voertuig oor skerp voorwerpe op die N4 gery, maar sy het nie gestop nie en aangehou ry tot by ‘n vulstasie in Middelburg, waar die band geruil is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/05/29/woman-targeted-in-spike-gang-attack-on-n4/

Die N12 en N4 hoofweë het in oorlogsones verander met bykans daaglikse voorvalle waar voertuie oor skerp voorwerpe of klippe ry en die insittendes dan beroof word as hulle moet stop om die bande te ruil.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/04/01/deadly-encounter-leaves-man-dead-in-n4-spiking-ambush/

  • Dit het so erg geword dat daar verskillende WhatsApp groepe begin is waar dit aangemeld en patrolliegroepe gemobiliseer word.
  • Arthur het genoem dat in die laaste week ook skerp voorwerpe in die pad in ‘n straat in Gholfsig gekry is.

Back to top button