News
Brandweer stry ure teen vlamme op besigheidsperseel
Dik swart wolke het oor die industriële area gehang nadat afvalmateriale aan die brand geraak het op 'n besigheidsperseel.

Afvalmateriale wat waarskynlik aan die brand gesteek is deur rondlopers, het vir ure op die perseel van JH Metals in Slegtkampstraat gebrand.

Twee brandweerwaens van die Middelburg brandweer was op ‘n stadium op die perseel om teen die vuur te stry en is hul werk bemoeilik met die erge wind wat gewaai het.
Daar is pas op WhatsApp-groepe laat weet dat die vuur geblus is en is die brandweerlede bedank vir hul harde werk.

Die vermoede bestaan dat rondlopers van die spruit se kant af deurgeklouter het na die perseel en die afvalmateriale aan die brand gesteek het.




@middelburgobserver Brandweer stry ure teen vlamme van afvalmateriale op besigheidserf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.