News

Geen beserings na ongeluk wat blokke ver gehoor is

Die slag van 'n ongeluk wat omstreeks 15:45 plaasgevind het, is blokke ver gehoor.

Inwoners wat omtrent drie blokke verder bly, sê hulle kon die slag hoor van die ongeluk op die hoek van Samora Machel- en Vosstraat.

Mense het dadelik aangehardloop gekom om te kyk of hulle nie hulp kan verleen nie.

Gelukkig is niemand beseer in dié ongeluk tussen ‘n Hilux bakkie en ‘n VW Polo nie.

Dit was egter duidelik dat die drie jong kinders wat in die bakkie was, erg aan skok gely het.

Die VW Polo wat in die ongeluk betrokke was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button