News
Tweede wielbars in minder as week op bykans dieselfde plek
In minder as 'n week se tyd het twee voertuie in die veld langs die N4 beland nadat 'n wiel gebars het op bykans presies dieselfde plek op die pad.
Insleepdienste moes omstreeks 12:15 gaan hulp verleen op ‘n ongelukstoneel op die N4 naby die Middelburgdam nadat die voertuig se wiel gebars het.
Ross Insleepdienste het op die Traffic Alert WhatsApp-groep laat weet dat ‘n voertuig die pad verlaat en omgeslaan het.
Vier insittendes van die voertuig het beserings opgedoen.

Woensdag het ‘n Fortuner se wiel gebars en het die voertuig ook op sy dak te lande gekom. Dit was die soveelste ongeluk in twee dae op die N4.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/06/05/soveelste-ongeluk-op-n4-sedert-gister/
- Daar was vandag ook ‘n ongeluk naby die Middelburg Tolhek en motoriste op die Stoffbergpad het pas laat weet dat daar sowat 30km buite Middelburg nog ‘n ongeluk was. Die insittendes van die Porche Cayenne en die Hyundai Atos het nie beserings opgedoen nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
