Verskeie motoriste het gestop om hulp te verleen nadat die Toyota Fortuner die pad verlaat en gerol het.
Insleepdienste is tans besig om ’n Toyota Fortuner uit die veld te trek trek wat beheer verloor het op die N4 net na die Middelburgdam.
Na wat verneem word, is niemand in die ongeluk beseer nie.
Die Traffic Alert WhatsAppgroep waarsku motoriste om net versigtig in dié area te ry, terwyl die insleepdienste die voertuig uit die veld haal.
Die Toyota Fortuner het gerol, maar gelukkig is niemand ernstig beseer nie.
• Daar is pas op die groep gesê dat daar ook ’n ongeluk is op die N4 by die Arnot afdraai.
• Gister was daar ’n paar ongelukke op die N4, waaronder ’n ongeluk tussen ’n minibus en ’n trok.
Een van die insittendes van die minibus, ’n jong man, het later in die Middelburg Hospitaal aan sy beserings beswyk.
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.