News

Papapavlou moordbeskuldigdes vir eers vry na staat klagtes laat vaar

Die saak teen die vyf beskuldigdes in Raymond Papapavlou se moord is voorlopig terug getrek.

Die voortslepende moordverhoor van Patricia Ray-Lee Smith, Simoné Papapavlou, Paulinah Tseka, Calvin Tseka en Phillip Manchidi, wat van die moord op boer en Simoné se man Raymond Papapavlou teregstaan, het vandag ’n skokwending geneem met die moord en samesweringklagtes wat voorlopig terug getrek is teen al vyf beskuldigdes.

Die moordverhoor sou vandag in die Polokwane Hooggeregshof hervat word.

Raymond is die nag van 4 Oktober 2020 minstens vyf keer geskiet waar hy in sy bed op die plaas Rooikraal geslaap het.
Simoné was ook in die huis ten tye van die moord, waarvoor haar beweerde minnares, Ray-Lee Smith, aanvanklik alleen voor aangekla is.

Patricia Ray-Lee Smith en haar pa, Martin, buite die hof in Groblersdal in 2020 afgeneem. FOTO: Janine Saayman (Daller).

Sy is egter later ook aangekla vir sameswering tot moord in die opspraakwekkende saak.

Simoné het gesê dat sy gesit en TV kyk het in die sitkamer toe Raymond vermoor is.

Sy het na bewering self verskeie skote na die slaapkamer afgevuur, toe die eerste skote wat Raymond se lewe geëis het, afgevuur is.
Destyds is gesê dat sy klaarblyklik voor die skietery ’n skaduwee opgmerk het.

Paulinah Mafatle Tseka en haar seun, Calvin Tseka.

• In Februarie vanjaar het Middelburg Observer se susterskoerant Daller berig dat die ondersoekbeampte in die saak ook na ’n nuwe getuie, Vimbai Muzenda soek.

Of die getuie al opgespoor kon word, kon nie bevestig word nie.

• Daar is pas bevestig dat die sake voorlopig teen al die beskuldigdes terug getrek is, met die ondersoek wat voortduur.

Phillip Manchidi.
Simoné Papapavlou.

Back to top button