News

Video: Kyk hoe waterponie en twee sleepwaens in Kanonkop gesteel word

’n Sindikaat is vermoedelik betrokke by die diefstal van ’n waterponie en twee sleepwaens, nadat die wegkomvoertuig deur ’n kamerastelsel in Thembisa opgetel was.

Mnr. André Prinsloo, van Lobeliastraat, Kanonkop, het aan die Middelburg Observer bevestig dat vier verdagtes gisteroggend tussen 02:00 en 04:00 by hom toegeslaan het.

Volgens mnr. Prinsloo se CCTV kameras het drie van die verdagtes die eerste keer toegang tot sy erf gekry nadat hulle die hek oopforseer het.

“Daar was verlede jaar Mei ook by my ingebreek en ’n waterponie gesteel, en ek het juis daarna die veiligheidsmaatreëls verskerp. Ek het ’n hokkie oor my hekmotor laat opsit, maar die diewe kon dit oopbreek en die hek daarna oopstoot,” het mnr Prinsloo verduidelik.

Die drie verdagtes het om 02:15 die waterponie uitgestoot en is daarmee weg. Later het hulle egter teruggekeer om die venter sleepwa ook te steel.
“Hulle het om 03:30 vir die tweede keer teruggekom.”

Na die diefstal, is daar op die Middelburg Dagpatrollie-groep gevra dat mense op die uitkyk moet wees vir die gesteelde goedere.

Volgens Arthur Hill, van Middelburg Dagpatrollie, het hy inligting ontvang deur verskeie ander veiligheidsgroepe dat mnr. Prinsloo se Venterwaentjie deur ’n kamerastelsel in Themisa opgetel is.

Die Venterwaentjie is deur kamerastelsels in Thembisa opgetel.

“Daar is vir my gesê dat die wit Isuzu bakkie wat as wegkomvoertuig gebruik is, ook gesteel is,” het mnr. Hill gesê.

• Daar is nie beslag gelê op die bakkie of sleepwa in die area waar dit gesien is nie, en enigiemand met meer inligting word steeds gevra om mnr. Prinsloo te kontak by 079 872 3237.

@middelburgobserver

Jet ski stolen! A jet ski and a trailer were both stolen as thieves brazenly returned to the same residence twice in one morning. #Middelburg #crime #theft #southafrica #jetski #trailer

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button