News

Saggeaarde Nadia was nooit negatief nie

Nadia Nortjé se roudiensreëlings is gefinaliseer.

Nadia Nortjé (40), die vrou wat met haar saggeaarde persoonlikheid baie mense se harte aangeraak het, het op 13 Junie, na ‘n moedige stryd van vyf jaar teen kanker, by haar huis gesterf.

Haar man, Riaan, het vertel hoe sy tot die einde toe, selfs toe sy al erge pyn gehad het, nooit negatief was nie.

Sy word oorleef deur Riaan, Mia (wat sy as haar eie dogter grootgemaak het), Katinka (8), ouers Don en Annaphie Scheepers en broer Pieter.

‘n Roudiens om Nadia se lewe te vier, word Donderdag (20 Junie) om 11:00 uit die Presence Church (voorheen Kruisgenerasie VEK) in Meyerstraat  gehou.

  • ‘n Huldeblyk oor Nadia se lewe, sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button