Familie neem afskeid van Lottie
Die 29-jarige Lottie, ’n bekende gesig by Life Midmed Hospitaal, is verlede Vrydag oorlede.
Lord Bradley Neveling, wat deur almal as Lottie geken was, het na ’n kort siekbed in die hospitaal gesterf, het sy suster, Loretta gesê.
Lottie het vir agt jaar as karwag by die Life Midmed Hospitaal gewerk, en vir ’n tyd ook in die parkeerarea gewoon, waar dokters vir hom ’n tuiste gegee het.
Lottie is in Middelburg gebore en getoë, en het in sy kinderjare op Doornkop saam met sy ma gewoon. Hy het in Mhluzi skool gegaan.
Hy word oorleef deur sy pa, vier susters en vyf broers.
’n Roudiens word Saterdag, 22 Junie by erf 7790, uitbreiding 24, vir Lottie gehou en enigiemand wat Lottie geken het, of moontlik kan bydra met eetgoed vir na die roudiens, kan Loretta kontak by 067 025 2427.
