News

Saggeaarde ‘Popeye’ oorlede

Chris Mans (57), die man met die sagte hart, wat net altyd almal wou help, is verlede Donderdag (27 Junie) in die intensiewe sorgeenheid van die Life Midmed Hospitaal oorlede.

“Rus sag met pynlose vrede Pa. My hart is gebreek. My pa was altyd my nommer 1 ondersteuner en hy was my beste vriend,” het sy seun, Ruan, oor die naweek op Facebook gesê.

Hy het gemeld dat sy pa die afgelope tyd erge probleme met sy longe gehad het en aanvanklik in die Wilgers Hospitaal behandel is. Nadat hy ontslaan is, het hy weer siek geword en is in die Midmed Hospitaal opgeneem waar hy gesterf het.

Ruan sê sy pa het hom met alles gehelp.

• Middelburgers sal Chris se bynaam, ‘Popeye’, onthou.

Ruan verduidelik dat sy pa al van hoërskooldae af ‘Popeye’ genoem is. omdat hy sulke groot voorarms en hande gehad het.
“Hy het vir my vertel dat hy in die weermag ook baie goed gedoen het met armdruk.”

• ’n Roudiens word Saterdag (6 Julie) om 11:00 uit die Hervormde Kerk op Groblersdal gehou.

• ’n Huldeblyk oor Chris sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button