News

Twee vroue en ’n man sterf in gru-ongeluk

Drie mense is dood na ’n ongeluk laasnag op die N4 anderkant Emgwenya (Waterval-Boven).

Middelburgers wat Laeveld toe moes ry, het laat weet dat die N4 gesluit is en hulle die Schoemanskloofroete moes ry, omdat dit dwarsdeur die nag geneem het om die ongeluk, wat gisteraand net na 19:00 gebeur het tussen die tonnel en die vyfboogbrug, op te ruim.

Na wat verneem word, was ’n trok en twee voertuie in die ongeluk betrokke. Die trok het bo-oor die een voertuig gery.

’n Man en vrou is opslag dood en ’n vrou is na die Waterval Boven Hospitaal geneem, waar sy kort na haar aankoms aan haar beserings beswyk het.

• Daar is net na 06:00 vanoggend op die Mpumalanga Riots & Traffic WhatsApp-groep laat weet dat die pad weer oop is verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tiisetso Malunga

I have been working as a journalist/photographer since 2018 at the Middelburg Observer. Before joining Caxton I was a Journalism Student at the Tshwane University of Technology. I was also a broadcasting intern at the SABC in Pretoria. In my first year as a journalist I was awarded the Upcoming Journalist of the Year at the O H Frewin awards. My motto in life is ‘I am human before anything’ with that being said I am driven by human stories and I am a strong believer in justices and human rights.
Check Also
Close
Back to top button