News

Nóg ’n moontlike plaasaanval!

Daar is pas op noodgroepe gesê dat daar wéér ’n moontlike plaasaanval is!

Op noodgroepe het ’n man gesê dat sy ouers moontlik aangeval is op die Schoemanskloofpad, naby Bambi.

Daar is op die stemboodskap gesê dat die man vermoed dat sy ouers moontlik aangeval is en dat hy op pad is soontoe.

Hy het vir hulp in die omgewing gevra.

Die polisie is reeds gekontak.

• As dit wel ’n plaasaanval is, sal dit die derde aanval wees sedert verlede Vrydag.

• Vrydag is ’n werknemer gekaap en het die kapers later op die boer geskiet, toe hy die booswigte agterna gesit het.

Een van die verdagtes is vasgetrek en het in die hof verskyn. Daar is ook beslag gelê op ’n swart Mercedes Benz.

Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/boer-vertel-van-trauma-tydens-kaping-en-skietery-op-belfast-plaas/

• Gister was daar ’n plaasaanval op ’n lodge by Machadodorp en het hulle by Kaapsehoop weggekom. Die voertuig wat geroof is, is egter teruggekry.

Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/05/plaasaanvallers-steeds-op-vrye-voet/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Check Also
Close
Back to top button