Video: Wees versigtig in Kranspoort!
Motoriste wat vandag deur Kranspoort moet ry op die N11 na Groblersdal, moet baie stadig ry by die spoedwalle.
‘n Trokdrywer het vanoggend omstreeks 03:30 gewaarsku dat motoriste versigtig moet wees as hulle afry in Kranspoort.
Terwyl hy deur Kranspoort gery het, het hy ‘n video geneem en gemaan dat daar mielies voor elke spoedwal op die pad is, wat dit glad kan maak.
Hy vermoed ‘n ander vragmotor het skerp rem getrap by die spoedwalle, wat na alle waarskynlikheid die mielies van sy vrag laat afval het.
Op die video, wat gedeel is op die Traffic Alert-groep, kan ‘n mens ook sien dat daar ‘n groot stuk stomp in die linkerkantste baan lê, wat ‘n groot gevaar vir veral kleiner voertuie kan inhou.
Persone wat wil deel raak van die Traffic Alert WhatsApp-groep, kan ‘n WhatsApp stuur na Louwtjie Swart by 078 400 9517.
@middelburgobserver Wees versigtig in Kranspoort as jy afry in die poort! Mielies voor elke spoedwal en ‘n groot stuk hout in die pad!
