Anette Alberts het drie jaar laas van haar seun gehoor en het angstig gevra of die man wat dood gekry is in die bos by Tarries, nie dalk haar seun, Chris Nienaber, is nie.
Me. Alberts het Dinsdag vanaf Piet Retief gebel om uit te vra oor die onbekende man wat in die bos gekry is.
“Het hy dalk ’n tatoeëermerk op sy linkerarm?” het sy gevra.
Daar is vir haar gesê daar is wel ‘n hartjie op sy linkerarm.
“Nee, Chris se naam is op sy linkerarm getatoeëer,” het sy gesê.
Me. Alberts onthou dat Chris vyf jaar gelede by haar pa se begrafnis was in Piet Retief en hulle mekaar daar gesien het.
In Mei 2021 het hy laat weet dat hy in Potchefstroom gaan werk en sou oorgebly het in Hebron. Daar is nooit weer van hom gehoor nie,
Sy het gemeld dat hy op ‘n stadium, voor hy verdwyn het, “aan Nyaope verslaaf was.”
Me. Alberts sê sy het op al wat ’n groep is op Facebook gevra, soos ‘Missing in SA’, om te help om Chris te probeer opspoor.
Alle leidrade het elke keer op ’n doodloopstraat uitgeloop.
Sy vra dat as enigiemand moontlik weet waar hy hom bevind, om haar te skakel by 071 141 1430.
- ‘n Vermiste persoon saak is in 2021 by die Piet Retief polisiestasie geopen.
- Die man wat in die bos gekry is, is hierdie week uitgeken deur sy familie. Hulle verkies dat sy identiteit anoniem gehou word.

