News
Vrolike basaar by NG Kerk Dennesig
As jy niks het om te doen Saterdag (more) nie, moet jy beslis 'n draai gaan maak by die NG Kerk, Dennesig gemeente se jaarlikse basaar!

Van pannekoek tot pap en vleis en speletjies sal deel uitmaak van die NG Kerk, Dennesig gemeente se jaarlikse basaar Saterdag (more) tussen 10:00-15:00.
Vir die jongklomp is daar speletjies en skyfskiet en die kleiner kinders sal die treintjie-ritte geniet.
Die tafels sal verder gelaai wees met al die basaarlekkertes waaraan jy kan dink.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
