News

Video: Hilux tref Isuzu en daarna muur

Vier mense het ligte beserings opgedoen in 'n botsing tussen twee bakkies in Samora Machelstraat.

‘n Muur het in die slag gebly nadat ‘n Hilux bakkie vroeër vanaand met ‘n Isuzu bakkie op die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat gebots het.

Die Hilux bakkie het eers die Isuzu bakkie en daarna die muur getref.

Alhoewel al die insittendes uit die voertuie geklim het, het een van die passasiers in die Hilux bakkie kort na die ongeluk op die gras gaan lê.

Die Hilux bakkie het die Isuzu bakkie op die bestuurdersdeur getref en het die Isuzu op die sypaadjie te lande gekom.

Die Isuzu bakkie is op die deur aan die bestuurderskant getref.

Albei voertuie se lugsakke het uitgekom.

Die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat is ‘n vierrigtingstopstraat.

Die eienaar van die huis waar die muur beskadig is, mnr. Anton Gilfillan (van die Groen Koei restaurant), was onbewus van die ongeluk, aangesien hy by die restaurant was. Hy het eers daarvan verneem toe die joernalis hom laat weet het.

Die Hilux bakkie het ook ‘n sleepwa gesleep.

Louwtjie Swart het motoriste op die Traffic Alert-groep laat weet van die ongeluk.

@middelburgobserver

Hilux hits Isuzu and then wall on corner of Samora Machel and Hoog Street (Middelburg).

♬ original sound – MiddelburgObserver –

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button