News

Wéér vyf voertuie oor staalpenne!

Die hoofwegrowers het gister wéér staalpenne op die N12 én N4 uitgegooi en word motoriste wat dié hoofweë gebruik, gewaarsku om versigtig te wees.

Net sowat ’n week nadat vyf voertuie oor staalpenne op die N12 gery het, het daar gister wéér vyf voertuie oor staalpenne op die N12 én N4 gery!

Lees ook:

Die nuutste voorvalle het gisteroggend omstreeks 05:00 naby eMalahleni (Tasbetpark) plaasgevind.

Die ‘Spikings Alzu to N12 Petroport’ WhatsApp-groep het motoriste van die voorval in kennis gestel en laat weet dat daar nie iemand aangeval is nie, maar dat almal erge skade aan hul voertuie se bande opgedoen het.

Bogenoemde WhatsApp-groep is deur Middelburger Arthur Hill begin om motoriste in Mpumalanga ook ingelig te hou van staalpen-voorvalle.

Lees ook:

Die span van Mike Bolhuis se Specialised Security Services (SSS) sê die hoofwegrowers wat staalpenne uitgooi en die blouligbende is beide sindikate wat nie sal skroom om mense te beseer of dood te skiet nie.

Lees ook:

Motoriste vrees blouligbende en hoofwegrowers se skrikbewind

Hulle help die polisie ook met die ondersoek van die moord op Middelburger, Johan Cowan, wie op 16 Junie in sy luirende bakkie by die Snake Road-afrit by Benoni gevind is.

Die hoofondersoeker sê hul ondersoek dui daarop dat die blouligbende hom moontlik gekaap en doodgeskiet het.

Lees ook:

Spesialis-eenheid verdink blouligbende van sakeman se moord

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button