News

Bly ingelig oor staalpenne op paaie met ‘Spikings Alzu to N12’

Na aanleiding van daaglikse voorvalle waar motoriste beroof word op hoofweë nadat staalpenne op paaie gegooi word, is daar nou ook plaaslik ’n groep gestig om motoriste in te lig.

Arthur Hill (Dagpatrollie) hy het die WhatsApp-groepe, “Spikings Alzu to N12” begin, omdat daar so baie navraag is nadat mense slagoffers was van rooftogte, omdat hulle oor skerp voorwerpe gery het.

In die meeste gevalle moet die slagoffers stop, want die wiele is pap, en as hulle uitklim om die wiele te ruil, word hulle beroof en soms aangerand ook.

“Daar is reeds 1003 lede op die eerste groep, gemerk #1 en op #2 is daar 1117 mense wat op die groep is.”

Hy het genoem dat hierdie groepe nie spesifiek vir Dagpatrollie-lede is nie, maar vir álle motoriste.

Arthur meld dat hy baie navrae gekry het van mense in Middelburg en die res van die provinsie om ook ’n groep vir hierdie area te stig, sodat hulle ingelig kan bly, sou hulle na Gauteng pendel.

Daar is reeds soortgelyke WhatsApp-groepe in Gauteng, omdat die meeste gevalle daar plaasvind.

Motoriste in Mpumalanga sê hulle pendel egter baie na Gauteng en dan weet hulle nie van die voorvalle nie.

Lees ook: Voertuig ry oor skerp penne op N4, net minute nadat patrollielede daar verby is

Arthur is deel van die WhatsApp-groepe van Gauteng en plaas alle inligting wat deurkom op dié groepe, ook op die plaaslike groep.

Hy het dit duidelik gemaak dat mense wat oor skerp voorwerpe, soos staalpenne ry, dit ten alle koste moet vermy om te stop.

“Jy kan ’n wiel of ’n velling later vervang, maar jy kan nie ’n lewe vervang nie.”

Arthur het melding gemaak van ’n onlangse geval waar ’n vrou op die N4 oor staalpenne gery het, maar aangehou ry het tot by ’n vulstasie in Samora Machelstraat waar haar wiel vervang is.
“Sy het kop gehou en dit het haar lewe gered!”

Lees ook: Woman targeted in spike gang attack on N4

Mense wat wil deel raak van die “Spikings Alzu to N12” WhatsApp-groepe, kan ’n WhatsApp stuur vir Arthur by 083 870 9693 en vra dat hy hulle byvoeg.

• Die Middelburg Observer het deur die jare al talle berigte geskryf oor die hoofweë wat in oorlogsones verander het met rowers wat skerp voorwerpe op die paaie gooi om mense te dwing om te stop. Die ‘Blouligbendes’, wat hulle voordoen as polisielede en dan motoriste kaap, maak dit nóg erger.

Lees ook: Blouligbende en kapers het hoofweë in oorlogsone verander

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button