News

Drie trokke in ongeluk: spanne werk vir ure in nag om toneel op te ruim

'n Ongelukstoneel op die N4 waarin drie trokke betrokke was en verkeer beïnvloed het vir etlike ure, is opgeruim.

Opruimingspanne het in die vroeë oggendure vir ure saamgewerk op ‘n ongelukstoneel op die N4, waarin drie trokke betrokke was.

Middelburger Louwtjie Swart (Traffic Alert) sê hy is net na 01:00 vanoggend geskakel en gevra vir hulp na die ongeluk op die N4 op pad na Komatipoort.

Hy het dadelik gereël vir nooddienste en vir insleepdienste van Van Wettens in daardie area om te gaan help om die toneel op te ruim.

Tydens die opruimingsproses was een baan gesluit en was ‘n Stop/Ry beheer in plek.

Omstreeks 05:20 was die pad weer oop vir verkeer.

Alhoewel aldrie trokke erge skade het, is daar verneem dat daar nie ernstige beserings was nie.

Dié trok is op die bestuurderskant getref en is sy vrag in die proses afgeruk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button