News

Roos weer vlugtig in hof

’n Man wat gearresteer was nadat hy by verskeie skole ingebreek het staar sewe klagtes in die gesig.

Gary Roos, die man wat positief verbind word met inbrake by skole en ’n voertuig wat ook by ’n skool gesteel is, het vlugtig in die streekhof verskyn.
Die saak is uitgestel vir afskrifte van die dossier.

Roos staan tereg op ten minste sewe klagtes.
Hy is etlike dae nadat ’n voertuig by Middelburg Primary School gesteel is, gearresteer.

Buiten die kardiefstalklagte, word daar ook die volgende sake by skole ondersoek:

• ’n Inbraak by Hoërskool Kanonkop, waar die skool se kanon onder andere gesteel is.
Daar is gesê dat hy die kanon die volgende dag aan ’n skrootmetaal besigheid wou verkoop.

• Inbraak by ’n klas by Laerskool Dennesig waar ’n skootrekenaar gesteel is. Na die inbraak is Roos op CCTV videomateriaal herken.

• Daar word ook verskeie ander sake van inbraak en diefstal uit ’n motorvoertuig teen hom ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button