Sakeman se moord: ook na mynmafia gekyk
Riemtelegramme dat die mynmafia moontlik betrokke kon wees by die moord van Johan Cowan, is ook ondersoek.

Vroeg in die ondersoek na Middelburger Johan Cowan se moord, is daar gekyk na die moontliklikheid dat die mynmafia betrokke kon wees by sy moord.
Morney Vos, die hoofondersoeker van Mike Bolhuis se spesialis-eenheid, Specialiced Security Services (SSS), wat help met die ondersoek, het bevestig dat hulle aan die begin van hulle ondersoek gekyk het na die moontlikheid dat die berugte mynmafia by sy moord betrokke kon wees.
Johan, ’n direkteur by Genet Mineral Processing (eMalahleni) is op 16 Junie dood in sy luierende Toyota Hilux GR bakkie by die Snake Road afrit (Benoni) gekry.
Vos het verlede week inligting oor die ondersoek bekendgemaak, waarin hy gemeld het dat alle vingers wys daarna dat die berugte blouligbende vir Johan doodgeskiet het.
“Alles dui daarop dat dit die blouligbende se werk is, omdat daar al soveel soortgelyke aanvalle in dieselfde omgewing was,” het Morney genoem.
Lees ook:
“Niks is egter onmoontlik nie. Daar is baie spekulasies. Almal het iets te sê. Alles wys egter nou in die rigting van die blouligbende, tensy daar nuwe inligting na vore kom, wat dit in ’n ander rigting kan stuur. Ons kan niks afskryf nie.”