News

VIDEO: Proteatstraat-kruising by Meyerstraat gesluit na trok omslaan, een sterf

Proteastraat ’n nagmerrie na sluiting van Meyerstraat-kruising

Motoriste moet liefs vir eers die kruising waar Proteastraat by Meyerstraat aansluit vermy, nadat die bestuurder van ’n trok moontlik die draai na Kanonkop vanuit Stoffberg se rigting, te vinnig geneem het, en die trok omgeslaan het.

Een persoon is op die toneel dood.

Die oorledene is onder die trok vasgepen.

Die trokdrywer.

Die polisie het die afdraai vanuit Meyerstraat gesluit en verkeer word verby die toneel gereguleer.

Die bestuurder sit tans op die toneel toegedraai in ’n kombers.

Hy was gelukkig om ernstige beserings vry te spring nadat die trok eers ’n boom op die kruising se eiland getref, en toe omgeslaan het.

Die vrag wat gestort is.

Die trok het ’n vloeibare platinum-suspsensie, wat in die metaal-industrie gebruik word, vervoer na Gauteng toe dit omgeslaan het.

Die gevaarlike vrag maak nou sy weg na die Klein Olifantsrivier.

Motoriste wat deur die toneel is, moet hulle karre gaan afspuit omdat die suspensie metaal kan vreet.

Die kajuit van die trok is in die ongeluk verwoes.

Voertuie word gedwing om deur die veld tussen Springbokstraat en die Stoffbergpad ’n weg na Kanonkop te vind, met ouers op pad skole toe wat die ergste ontwrig is.

Dit is tans onduidelik hoe lank die kruising nog gesluit sal wees, so alternatiewe roetes word aanbeveel in en uit Kanonkop via die Meyerstraat-kruising.

Naas die die tragiese sterfte is net die trokdrywer in die botsing tydens spitsverkeer beseer.

Sy beserings is gering.

Na wat verneem word is ’n passasier wat in die trok was oorlede.

Motoriste word gevra vir geduld sodat opsruiming kan begin, en die liggaam van die toneel af verwyder kan word.

@middelburgobserver

TRAFFIC! Truck carrying a liquid falls over in fatal accident, Meyer Street and Protea Crossing closed. #Middelburg #accident #truckaccident #trafficalert #Middelburgtraffic

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button