News

Trok se vrag slaan aan brand op N4

’n Trok se vrag het vanoggend in die vroeë oggendure aan die brand geraak op die N4.

 

’n Trok se vrag, na alle waarskynlikheid steenkool, het omstreeks 03:30 aan die brand geraak tussen die Alzu Petroport en Arnot afritte.

Die trokdrywer het kop gehou en dadelik gestop. Dit blyk dat hy en die span van Trac die vrag en die omliggende gras wat aan die brand geraak het, met brandblussers geblus het.

  • Louwtjie Swart (van Traffic Alert) het bevestig dat niemand beseer is nie en dat die trok self kan terugry Middelburg toe.
  • Die verkeer is nie ontwrig met die gebeure nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button