News

Ramshoring lei gebede vir Middelburg in

Meer as 100 Middelburgers het Sondag by Kees Taljaard Stadion bymekaargekom om vir die dorp te bid.

Die Jerigo-veldtog is landswyd gehou met Middelburg aktiwiteite wat plaaslik deur Olivia Janse van Rensburg en Johan van Heerden georganiseer is.
’n Ramshoring het net na 13:00 weerklink en is sewe keer deur Jaco Nel geblaas.

Pastoor Callie Joubert van die Lofdal-gemeente, het aanbidders verwelkom met gebed, waarna lede van sy kerk en die lede van verskeie plaaslike motorfietsklubs, na die ingange van die dorp beweeg het om sewe kruise by elk te plant.

Jaco Nel met die ramshoring.

Gebede vir die dorp en sy inwoners is ook by al die ingange gedoen.

Die syfer sewe is deurgaans met die biddag verbind, omdat daar sewe maal om Jerigo geloop is, voordat die mure geval het.

Die ramshoring is ook in Jerigo geblaas as belofte van God vir die beloofde land.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button