News

Koperdiewe slaan by kerk toe

Dit is nie die eerste keer wat die PPK Lofdal Gesinskerk die teiken was van diefstal nie.

Koperdiewe is weer aktief in Middelburg sentraal en het onlangs weer toegeslaan by die PPK Lofdal Gesinskerk waar waterpype gesteel is.

Volgens Pastoor Callie Joubert het die diewe verlede Saterdagaand die koper waterpype van die kerksaal se muur afgeruk.

Pastoor Joubert het gesê dat die diewe nie toegang gekry het tot in die kerk of saal nie, “die pype is buite teen die saal se muur. Die alarm het afgegaan, so die diewe het die pype afgeruk en gevlug.”

Hy sê die skade is gelukkig nie te groot nie.

“Dit is maar die rondlopers wat die pype gesteel het. Hulle steel gereeld ligte en drade. Maar gelukkig het ons ’n alarmstelsel en dit keer dat hulle inbreek.”

• Daar is al voorheen berig oor die diefstal van drade en ligte by die PPK Lofdal Gesinskerk.

In Junie 2023 is twee verdagtes op die kerkperseel gearresteer nadat hulle ’n tuinblaser gesteel het.

Diefstal van veral kragkabels en ligte was in 2023 so erg dat verskeie gemeenskapsvergaderings by die kerk gehou is om die gemeenskap by misdaadverkoming betrokke te kry.

Die diefstalle was gekoppel aan prostitusie en dwelmhandel wat ’n erge probleem in die area is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button