News

Oud burgemeester en vier ander weer vlugtig in hof

Die saak is weer uitgestel omdat staatsaanklaer die laaste twee maande te siek was om daaraan aandag te gee.

Groblersdal oud-burgemeester, Dries Olivier, en vier ander beskuldigdes het weer vir ’n saak vir onder andere opsweping tot openbare geweld gister vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn.

Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels, Olivier en Willem Petzer het verskyn op ’n klag van opsweping tot openbare geweld.
Piet Groenewald en Stephan Greeff het die betrokke dag verskyn op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die mans het Groenewald en Greeff buite die hof gaan ondersteun, maar Van der Merwe is gearresteer nadat hulle by die hof wou gaan betoog.
Die ander het hulself dae later aan die polisie oorhandig.

Die vyfstuks se saak is uitgestel na 28 Augustus vir die besluitneming van die nasionale vervolgingsgesag of die saak sou voortgaan vir verhoor of laat vaar word. Dít nadat die saak reeds vir hierdie rede uitgestel is na gister.

• Petzer het kort ná hul verskyning op sy Facebookblad die volgende geskryf: “Die staatsaanklaer was na sy eie bewering die afgelope twee maande sedert die vorige verskyning te siek om enigsins na die saak te kyk. Ons is maar moedeloos.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button