News
N11 by Kwemvubu ingang gesluit na trokongeluk
Die N11, naby die Kwemvubu Lodge ingang, gaan vir sowat 45 minute gesluit wees na ’n trokongeluk.
Motoriste word gemaan om geduldig te wees, want die N11, sowat 3km voor Forever Resorts Loskopdam (Groblersdal se rigting) gaan vir ’n rukkie gesluit wees, omdat daar ’n trokongeluk was.
Louwtjie Swart (Traffic Alert) het laat weet dat die Van Wettens-span reeds op die toneel is en dat hulle binne ’n kort bestek ten minte een baan oop sal hê vir verkeer.
Die ongeluk het naby die ingang van Kwemvubu Lodge gebeur.
- Niemand is ernstig beseer in die ongeluk nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
