News

Man wat gesoek is, veilig tuis

Die man wat vanoggend nooit by sy werksplek by Columbuss Stainless opgedaag het nie en na wie daar tot laat vanmiddag gesoek is, is gevind.

Daar is vroeër vanmiddag berig dat Christo Janse van Vuuren net na 06:00 gery het werk toe, maar nooit opgedaag het by die werk nie.

Omstreeks 06:45 het sy voertuig deur die Middelburg Tolhek gery in eMalahleni se rigting.

Sy familie het op noodgroepe gevra dat mense op die uitkyk moet wees vir hom.

Sy skoondogter, René, het pas bevestig dat hy veilig tuis is.

“Ons weet nog nie wat die presiese omstandighede is nie, maar ons is dankbaar hy is veilig by die huis.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button