News

Brand bedreig stadiongeboue, woed homself gelukkig uit

Daar is gisteraand gevrees dat geboue by die Kees Taljaard Stadion in ’n veldbrand beskadig sou word, maar gelukkig was die wegholbrand gering en het homself uitgewoed.

Die brand is aangesteek teen die rivier, moontlik deur ’n bosslaper.
Dit het vinnig opversprei na die Rock Solid Remote Control resiesbaan, wat aan die rolbalklub grens.

Die voorsitter van die Rock Solidklub, Louis de Larouviere, sê dat hulle gelukkig skade vrygespring het, nadat die brand vanuit die veld na die klubgronde versprei het.

Die brand soos hy deur die stadion se heinings versprei het.

’n Sekuriteitswag wat hom ook na die toneel gehaas het, het aan Middelburg Observer vertel dat alarm ook by die rolbalklub gemaak is, waarna hy ontbied is om die omvang van die brand te gaan bepaal.

• Die brand volg op gister se brande by Presidentsrus, wat ook deur brandstigting veroorsaak is.

Die plaaslike brandweer was gelukkig op hande om die huise teen die kloofhange te beskerm teen die vlamme.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button