News
Rooi Bulle speel gelykop teen Transvalia
Die Rooi Bulle en Transvalia het Saterdag in die finaal van die Plaatafdeling van die Noordvaalbeker gelykop gespeel!
“’n Rilwedstryd!” Só het Jano Venter, HTS Middelburg se eerstespan afrigter, die wedstryd teen Hoërskool Transvalia, wat in Vanderbijlpark gespeel is, beskryf.
Die eindtelling was 24 punte elk en het Venter gemeld dat die wentrofee tans by HTS Middelburg in die trofeekas staan.
Die Rooies se puntemakers was:
Drieë: Luhan Graaff en Dirk du Plooy.
Met die skopskoen slaag Gerry Gendall met ’n skepskop en Jaque Stassen met drie strafskoppe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
