News

Bagasiebakmoord vier vlugtig voor

Die vier beskuldigdes in die moordsaak van Danie Maritz, het weer vlugtig verskyn.

’n Vrou en drie mans wat aangekla is na die moord op Danie Maritz, wat in die bagasiebak van ’n uitgebrande voertuig gekry is, het Vrydag weer in die hof verskyn.

Danie is tussen die nag van 15 November en die vroeë oggendure van 16 November by ’n skrootmetaal besigheid in Middelburg vermoor.

Sy oorskot is daarna in die bagasiebak van Angie Appelgryn se voertuig gelaai en daarmee gery tot naby ’n myn in Clewer, waar dit aan die brand gesteek is.

Angie Appelgryn.

Grobler, Appelgryn en Jordaan is kort na die moord gearresteer en Pretorius het homself, nadat die ander drie se borgverhoor reeds afgehandel is, aan die polisie oorgegee.

Alex Grobler.

Pretorius en Jordaan word van die moord beskuldig en die klagtes teen Grobler en Appelgryn is rakende die gebeure waar Danie se oorskot verwyder is van die toneel en die voertuig, met hom nog daarin, aan die brand gesteek is.

Jan Jordaan.

Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding en Appelgryn en Grobler het tydens een van hul vorige verskynings reeds borg gekry.

• Pretorius se saak is uitgestel na volgende week vir borgverhoor. Alvier sal weer in November voorkom.

Kobus Pretorius.
Danie Maritz se oorskot is in die bagasiebak gevind nadat die voertuig uitgebrand het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button