News

Vier in hof oor watermeters

Die vier persone wat Dinsdagmiddag gearresteer is, het vandag in die hof verskyn.

Die drie mans en ’n vrou wat gearresteer is nadat letterlik hope watermeters gesteel is, het in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Yvonne Snyman (41), Bertus van Rooyen (33), Kilano du Plessis (53) en Jacobus Visagie (32) het op diefstalklagtes verskyn. Die saak is uitgestel na 30 Oktober vir formele borgaansoek.

Hulle is gearresteer nadat CCTV videomateriaal Dinsdag op WhatsApp groepe verskyn het van ’n persoon wat ’n watermeter stukkend slaan met ’n klip en dan in ’n blou voertuig spring.

Na ’n jaagtog deur lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en ’n verkeerslid is die blou Ford Figo (daar is aanvanklik gesê dit was ’n Fiësta) gestop en die vier verdagtes gearresteer.

In die voertuig is ’n sak vol watermeters gekry.

Lees ook: Man vertel van jaagtog agter vermeende watermeterdiewe aan

Daar is die laaste paar weke letterlik hordes watermeters gesteel en is berig dat daar in twee weke alleen meer as 30 watermeters gesteel is.

Lees ook: Meer as 30 watermeters in twee weke gesteel!

  • Inwoners het gehoop dat die diefstal van watermeters nou op ’n einde is nadat die vier gearresteer is. Daar is vanoggend egter ’n watermeter in Wesstraat gesteel!
  • Rdl. Helda de Klerk het op die Kanonkop/Dennesig Ward Problems WhatsApp groep aanbeveel dat: ‘Inwoners enige klippe op die sypaadjie wat gebruik kan word om watermeters mee uit te breek, verwyder.’

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button