News
Vier wat gevang is oor watermeters, bly in aanhouding
Die vier persone wat verlede week gearresteer is op klagtes van diefstal van watermeters, bly vir eers in aanhouding.
Die drie mans en ’n vrou wat laas Dinsdag gearresteer is nadat letterlik hope watermeters inj veral Kanonkop en Dennesig gesteel is, se borgaansoek is vandag geweier en en is die saak weer uitgestel na ’n latere datum.
Yvonne Snyman (41), Bertus van Rooyen (33), Kilano du Plessis (53) en Jacobus Visagie (32) het vandag vlugtig in die hof verskyn. Klagtes word diefstal word ondersoek na aanleiding van die hope watermeters wat die afgelope tyd gesteel is.
Lees ook: Vier in hof oor watermeters
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
