News

Skoonmakers kan nie byhou met morsjorse nie

Vir die eerste keer vandat somer sy opwagting gemaak het, lyk die dorp se parkies bietjie skoner met gekontrakteerde skoonmaakspanne wat op 1 Desember agter morsjorse begin skoonmaak het.

Hordes klagtes is ontvang oor die morsige toestand van veral die parkie by Tosca, waar haweloses dag en nag lê.
Met joernaliste se besoek Maandagoggend, is egter gevind dat die parkie skoongemaak is.

Volgens DA Raadslid, Helda de Klerk, het verskeie inwoners ook by haar gekla oor die hope vullis wat oral in Kanonkop se parke gestrooi lê. Sy sê dit lyk egter oral in die dorp dieselfde.

De Klerk het bevestig dat skoonmaakspanne seisoenaal gekontrakteur is om op te ruim en dat die munisipaliteit vanjaar minder werkers vir ’n korter periode aangestel het.

Dit is nie net haweloses wat gemors oral rondgooi nie.

“Skoonmakers het eers 1 Desember begin werk. Hulle het die hele dorp se parke om op te ruim, maar die munisipaliteit prioritiseer die velde langs die rivier en Tosca se parkie, waar daar die meeste gemors word.”

Volgens De Klerk, is haweloses hoofsaaklik verantwoordelik vir die gemors by Tosca, maar het sy ook al ’n plaaslike besigheid aan die munisipale wetstoepassers moes rapporteer.

“Die skoonmakers maak tans weekliks skoon, maar dit is nie genoeg om by te hou nie. Ek probeer reël dat hulle twee keer ’n week by sekere brandkolle kan uitkom. Ons het verskeie maal self ook gaan skoonmaak. Ons probeer regtig baie hard, maar dit is nie volhoubaar nie, ons kan bloot nie agter almal elke dag optel nie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button