News

‘Here se genade’ dat wiele hou na voertuig oor staalpenne ry

’n Gesin glo ’n Hand van Bo het hulle beskerm nadat hulle een van vyf voertuie was wat Vrydagaand oor staalpenne op die N4 gery het.

Vyf voertuie het Vrydagaand oor staalpenne gery op die N4 tussen eMalahleni en Balmoral.

Die Vermaak-egpaar het ander motoriste op die WhatsApp-groep N4 Spiking G4 Proefplaas to Middelburg, gewaarsku nadat hul voertuig een van vyf voertuie was wat oor staalpenne op die N4 gery het.

Hulle was omstreeks 21:20 vanaf eMalahleni na Bronkhorstspruit onderweg toe hulle oor die staalpenne ry.

Daar is vir die joernalis vertel dat hulle op die laaste sekond eers die staalpenne op die padoppervlakte gesien het en probeer uitswaai het. Die regter voorwiel het egter steeds een van die penne getref.

“Ons het nie gestop nie want ‘n kollega en haar seuntjie was by ons in die voertuig. Toe ons by die huis stop, het die wiel heeltemal afgeblaas. Dit is die Here se genade dat die wiel tot by die huis gehou het.”

Hulle onthou dat hulle verby vier voertuie gery het. Een man het langs die pad gestaan en was besig om ‘n band te ruil.
Daar was egter ook drie ander voertuie, “wat ons verby gesteek het, wat stadig aangehou ry het op hulle rims nadat hulle oor die staalpenne gery het!”

• Die afgelope paar jaar is daar al tientallle mense deur rowers aangeval nadat hulle oor staalpenne of klippe op die N12 of N4 gery het en noodgedwonge moes stop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button