News

Gifstrooiers is terug! Laat jou honde binne slaap!

Die gifstrooiers wat honde afmaai om gewoonlik in te breek of motorfietse te steel, is terug!

Twee honde het gevrek en een is nog by die veearts nadat boosdoeners gif in ‘n erf gegooi het.

Die “Operation Poisoning’ WhatsApp-groep het laat weet dat drie honde in Jasmynstraat (Kanonkop) gif ingekry het. Die een is nog by die veearts waar daar vir sy lewe geveg word.

Daar is ook op die groep gemeld dat daar wit merkers op die palissadeheining gevind is.

Een van die lede op die groep het tereg gesê dat daar waarskynlik motorfietse, sleepwaens of kwads in die straat is, wat die boewe later wil steel. “Dis bitter hartseer en onregverdig teenoor die onskuldige diere.”

Deur die jare is daar tientalle honde in Middelburg vergiftig. In die meeste gevalle was die gifstrooiers agter motorfietse aan, maar daar het soms ook ‘n inbraak gevolg.

Lees ook: Motorfiets gesteel na vlaag hondevergiftigings

Daar word gewoonlik Temik (wat taboe is in Suid-Afrika) of ander aldicarb-verbindings (wat ook die aktiewe bestanddeel is in Temik) gebruik om die honde te vergiftig. Dit is ‘n korrelrige gif, wat gewoonlik met maalvleis of ander vleis gemeng en vir honde gegee word.

Temik, versteek in kos, wat in ‘n palissade heining gevind is tydens een van die tientalle vergiftigings van honde die afgelope paar jare.

Weens die feit dat Temik so vinnig werk, is dit ook bekend as ‘Two-Step’ gif.

  • Die beste raad wat senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder Middelburg Dierebeskermingsvereniging) tydens ‘n vorige onderhoud gegee het, is dat mense hul diere of in hul huise, in motorhuise of agter in erwe te laat slaap.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button