Video: Brandstoftenker en ammunisievrag brand op N1 snelweg, vermy pad!
Twee trokke brand tans op die N1 by Pienaarsrivier en motoriste word gemaan om die pad te vermy.

Plaaslike noodgroepe waarsku ook Middelburgers wat vandag op die N1 moet pendel, om die area by Pienaarsrivier te vermy.
Op stemboodskappe wat op Traffic Alert en die Spikings Alzu to N12 Petroport gedeel word, is gesê dat almal eerder ompaaie moet ry, aangesien een van die trokke wat brand, ammunisie vervoer en die ander trok ’n brandstoftenker is.
Die area waar die twee trokke brand is op die N1 vanaf Polokwane na Pretoria.

Daar is op een van die groepe gemeld dat daar mense gesterf het in die ongeluk en dat daar ook verskeie ander ernstig beseer is.
• In ’n stemboodskap word gesê dat mense wat in ’n Suidelike rigting beweeg weg gewys word oor die N1 om terug te ry in ’n Noordelike rigting.
• Die pad is steeds toe en daar is nie ’n aanduiding gegee van hoe lank opruiming sal duur nie.
@middelburgobserver Two trucks on fire. Motorists to avoid N1 at Pienaarsrivier (from Polokwane to Pretoia) as fuel tanker and ammunition shipment go up in flames.